Wednesday, July 06, 2005
Monday, July 04, 2005
RESENSIE- Zani Barrish : Faan se trein

Akteurs: Paul Eilers, Johan Botha, Johan Malherbe, Sophia Hugo, Deon Lotz / Ivan Zimmerman, Wilma Schoeman, Hannetjie Smit, Jason Crook, Martiens Maritz En Viljé Maritz
Regie: Albert Maritz
Paul Eilers vertolk die rol van Faan, Frik Oosthuizen se verstandelik gestremde seun, wat in die onderdorp hard werk aan hul tender vir die dorp se nuwe dam. Dit is die stryd tussen die bo-dorp en die onder-dorp die bulldozers teen die donkies en karakters soos die haaglike Mev. Dokter teenoor die goeie Trya wat hierdie Tragie komedie so briljant maak.
Eilers speel sy rol met soveel oortuiging dat hy saam met die gehoor in trane uitbars toe die gehoor hom aan die einde op hul voete toejuig.
Faan se Pa lê op sterwe en dit is met geen grympie van emosie dat Faan vir sy Pa 'n sterfkis maak sodat hy nie soos sy Ma in 'n winkel kis begrawe gaan word nie. Frik lê gedwee en luister in frustrasie na die bulldozers wat sy hoop om die dorp se dam te bou saam met die klippe vernietig, terwyl Faan met kinderlike blyheid die kis om sy sterwende Pa meet.
Die begrafnis is hartverskeurend en terselftertyd skreeusnaaks as mens toekyk hoe Trya haar bes probeer om die bo-dorp met haar catering te impress, hoe Faan niks wil weet van die koek of tee nie en net sy eie sop wil maak en hoe Mev. Dokter se materialisme haar kry om skaamteloos met Faan te flankeer. Die flirtasie is als deel van haar plan om die orrel, koperbed en duur antieke meubels van Faan vir haar self te vat. Sy jok en sê dat die meubels vir vuurmaakhout nodig is, die dat hulle 'n nuwe kaggel het. Dit is eers toe Faan die meubels in netjiese hopies opkap dat Mev. Dokter se ware snobisme verskyn en sy 'n aks in Faan se voet kap en hom beskuldig van verkragting.
Die Oosthuizens se storie is eenvoudig, maar in hul eenvoud simboliseer hulle, ironies genoeg, basiese waardes. En in Faan se pittige humor lê die tragedie opgesluit wat enige mens aan die hart sal gryp.
RESENSIE DEUR ZANI: Wywe, weduwees, woede

Akteurs: Tobie Cronjé, Anna-Mart Van Der Merwe, Zane Meas, Tessa Jubber, Greg Melvill-Smith en André Stolz Oorspronklike Regie: Tsjechof
Hierdie produksie sluit in drie eenbedrywe:
1) Die Euwels van Tabak: ’n Lesing wat handel oor meer as net die euwels van tabak.
2) Die Proposal: ’n Twis oor ’n lappie grond ontspoor ’n huweliksaansoek
3) Die Buffel: ’n Buffelagtige grondeienaar kom soek sy geld by ’n beeldskone weduwee...

Tobie Cronje se humoristiese konotasie is sy ondergang in die 1st eenbedryf - die euwels van Tabak. Terwyl hy in sy karakter probeer kom, 'n armsalige ou man onderdanig aan sy Ysterhand vrou, giggel die gehoor by die verkeerde plekke en sodoende mis die esensie van 'n man vasgevang in 'n lewe vol pretensies.
Tobie Cronje se spel verbeter egter in die eenbedryf genaamd Die Buffel waar hy 'n butler is vir die Beeldskone weduwee gespeel deur Anna-Mart van der Merwe. Van der Merwe is 'n weduwee wat haarself tot die 4 mure van haar huis beperk waar sy nou al vir 5 jaar rou oor haar gewese man wat duidelik ongetrou was aan haar. Dit is wanneer 'n skuldeiser, gespeel deur Zane Meas, sy verskyning maak dat die weduwee se bedrowe oë passievol flits terwyl sy die een na die ander belediging aan die skuldeiser uitdeel....
10 uit 10 vir Tsjechof wat besef 'n mens het nie vloek woorde nodig om die gehoor te laat lag nie en pittige beledigings soos jou Buffel, jou Imbesiel bring makliker trane van blydskap in die gehoor se oë. Die skuldeiser was net so oorweldig soos die gehoor deur die beledigings dat hy net daar en dan op sy kniee neergesak het en die Weduwee gevra het om die woede te los en eeder saam met hom die res van sy lewe te spandeer.
RESENSIE DEUR ZANI: Show - Haaks

Aktuers: Chris Vorster (Rhyno van 7de Laan) En Elma Postma(Dezi van dieselfde reeks)
Regie: Chirs Vorster en Pierre van Pletzen Toekennings: Naaswenner in die KKNK Nagtegaal kompetisie.
Hierdie is ’n swart komedie wat handel oor 'n man wat sy vrou verneuk en met vuur speel as hy weet sy vrou is op mediakasie om haar humeur te beteuel. Postma is nie net beeldskoon nie, sy’s óók ’n aktrise wat die verhoog aan die brand speel en vir Vorster opskroef en genadeloos opfoeter.
Alhoewel ek kan verstaan waarom Haaks naaswenner was vir die Nagtegaal kompetisie het die stuk nie lekker haakplek by my gevind nie en het dit meer gevoel soos 'n ontspan sessie voor 7de Laan as 'n Revolutunere Vertoning met geloofwaardige toneelspel en storielyn soos wat dit geadverteer is. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het haal my hoed af vir Pierre van Pletzen wat die storie probeer ophelder het met slim kostuum gebruik en beligting soos waar Elma 'n rooi rok dra en eintlik uitgebeeld word as die duiwel. Daar is ook interesante interaksie tussen die karakters en slim speling met hul woorde.
Miskien was ek net teleurgesteld omdat twee sepie sterre gebruik is en wat begin as 'n belowende stuk dit eindig as 'n Cliched sepie einde (seker ek het die vrou kom spook by haar ontroue man al in The Bold and The Beautiful, Egoli en Neigbours gesien.)








