Van swaan na lelike eendjie....my Pottery Klas nagmerrie
Ek het so 'n maand terug begin met Pottery Klasse en alles het baie goed gegaan... dit was tot gisteraand.Die eerste paar lesse het ek geleer om slaps, coils en pinch pot tegniek te gebruik. Coils is redelik maklik maar vat baie lank want jy moet die klei in wurmpies rol en dit dan op mekaar sit om iets te vorm. Ek het in my eerste pottery les die tegniek gebruik om 'n slaai bak te maak.
Slabs vat baie vinniger maar 'n mens moet die klei ewe dik probeer uitrol met 'n slap roller en dan kan jy die blokke klei gebruik om oor moulds te sit. Ek het in my tweede les die tegniek gebruik om 'n vaas vir blomme te maak. Pinch pot is die derde tegniek wat ek bemeester het en by vêr die maklikste. Hoe dit werk is jy rol die klei in 'n ronde bal en gebruk dan jou duime om die klei stels
elmatig na die kante te druk. So kan jy dan 'n oulike bakkie vir chips of snacks maak.So gisteraand het ek besluit om my eie kop te volg en ek het die parfuum bottel van Jean Paul Gautier as inspirasie gebruik. Ek wou ook so 'n uurglas vroutjie maak sodat ek my hangertjies om dit kan sit. Daar word draad weergawes van hierdie vroutjie verkoop in winkels waaraan jy ook jou hangertjies kan hang.
Maxi, wat vir my die pottery klasse gee het na die prentjie gekyk en aanbeveel dat ek dit met coils moet doen. Ek het haar egter oortuig dat ek dit eeder met slaps wil probeer want ek het 'n Saysoft bottel saamgebring om te help om die perfekte vorm te kry. Na twee ure van klei druk en uitrol en baie lag vir die misformde figuur stap Maxi se man in die vertrek en gee my kunswerk een kyk. "Wat is die gedrog veronderstel om te wees?", wil hy weet terwyl hy sy lag probeer inhou. Ek antwoord ewe arrogant terug: "Wag net oor 'n paar minute gaan hierdie gedrog in 'n beeldskone dame verander....al lyk dit op die oomblik soos die Leaning Tower of Pisa" My woorde was nog skaars koud toe knak my huurglas vroutjie se kniee en sy sak met haar laaste asem inmekaar. Ek probeer haar nog red maar besef dit is tervergeefs, sy is weer terug na haar oorspronklike klei vorm en ek as pottebakker het misluk in my poging om haar te skep.
Laat die aand kry ek 'n oproep van Maxi wat sê ons kan volgende week weer probeer om die Jean-Paul vrou te skep maar die keer moet ons eeder coils gebruik. Ek sit die foon neer en bêre die prentjie wat alles begin het in my bedkassie. Miskien moet ek volgende keer eeder iets eenvoudigers probeer soos 'n bord of 'n teepot..... of miskien dalk 'n minateur eiffel tower dink ek toe my kop aan my kussing raak.










































