Wednesday, February 13, 2008

Gesteelde fone verkoop by Hello Cello Corporation

Laas week moes ek dringend 'n nuwe selfoon koop omdat myne in 'n glas water geval het. Ek het na die naaste plek wat Nokia selfone verkoop gegaan - Hello Cello Corporation in Waverley Plaza.

Ek het gedink dat 'n nuwe prepaid foon my ten minste R2,000 uit die sak sou jaag. Die eienaar het my egter ingelig dat hy 'n Nokia 2600 vir slegs R426 aan my sou verkoop. Ek het hom gevra hoekom is dit so goedkoop en hy het geantwoord: "We have a special". Hy het toe die foon van agter die toonbank gaan haal en vir my 'n Nokia boks gegee. Ek het met my kredietkaart betaal en hy het vir my 'n invoice met die hand uitgeskryf.

Toe ek by die huis kom het ek iets verkeerd begin vermoed. Eerstens die boks wat hy vir my gegee het, het slegs 'n nokia charger bevat en geen papiere of boekie met instruksies nie. Daar was dus geen waarborg op die foon nie en al die ander pre-paid fone wat ek gekoop het, het altyd met 'n waarborg gekom.

Toe ek die foon aansit was daar reeds 'n Welcome message op in Afrikaans. Die foon se message inbox was ook vol boodskappe en die Calendar was vol reminders om die kinders by die skool te gaan haal. Toe sink dit in - dit is seker 'n gesteelde foon wat ek gekoop het.

So as 'n waarskuwing moet nooit na die Hello Cello Corporation in Waverley Plaza gaan nie!

Labels:

0 Comments:

Post a Comment

<< Home


View My Stats