Sunday, February 19, 2012

CC8 - Elke pot het 'n deksel

8th CC Toastmaster speech. The objective was to use visual aids to support your speech.
The copyright of the speech belongs to Zani Smit.

Meneer die Tafelheer, Dames en Here


Elke pot het ‘n Deksel, maak nie saak hoe krom, dom of skeef die pot is nie.

‘n Pot kan nooit sy volle potensiaal bereik, mits die pot sy regmaatige deksel het nie.

En ja Meneer die President van S.A - ‘n pot kort net 1 deksel nie 3 nie.




Wat kan gebeur as jy die verkerde deksel op jou pot forseer? Jy verander in ‘n drukkoker wat enige tyd kan ontplof want jou deksel sit te styf, of jy brand aan want jou deksel pas glad nie.






Daar is potte wat rond dans met deksels wat te los sit en ander staan weer roerloos – te bang hulle skewe deksels val dalk af. Nuwe potte skaam hulle vir hul ou vaal deksels.

Selfs Blinkgeskuurde ou potte lyk sommer net simpel met splinternuwe deksels op. Dit is dus uiters belangrik dat jy die regte deksel vir jou pot kry.





Kom ons bestudeer van die bekendse pot & deksel kombinasies in die geskiedenis. Adam en Eva, Simson en Delila, Romeo en Juliet, Bonnie en Clyde, Sonny en Cher, Brad en Angelina en selfs Barbie en Ken.

Al hierdie kombinasies werk en dit is duidelik dat op hul eie so hul defnitief nie so bekend of suksesvul sou gewees het nie.




Sekere deksels is maklik om op te spoor, anderis deksels moeilik. 20 jaar terug moes enkeloopendes op Landbou weekblad se Hoekie vir Eensames staatmaak. Gelukkig vir ons het dinge verander en daar is nou baie ander plekke om jou deksel te ontmoet. My nommer een voorstel is om jou deksel in die donker te ontmoet.Die fliek, ‘n nagklub, ‘n hysbak sonder krag is alles ideale geleenthede vir ‘n goeie 1ste indruk. Ek was self in die uiters bevoorregte posisie om 7 jaar gelede my “deksel” te ontmoet op ‘n Woensdag aand in Maart 2003. Net ‘n paar bloke van waar ons nou is. Dit was ‘n baie donker aand en ‘n baie donker vertrek. Maar Drop Zone was die perfekte geseligheid vir ‘n 1ste ontmoeting. Wat is die voordeel om iemand in die donker te ontmoet. Almal lyk goed in die donker. Die donkerte gaan gewoonlik gepaard met baie harde musiek so jy hoef nie bekommerd te wees oor of jul gesprek vloei nie. Dit is ook maklik om weg te hardloop as jy sien die deksel is nie vir jou nie.

My nommer twee idée is om jou deksel perongeluk optespoor. In hierdie kategorie kan jy baie kreatief wees. Ry agter in sy motor vas, dan moet hy vra vir jou telefoon nommer.

Nog ‘n voorstel Boek jouself in die hospital of ‘n rehabilitasie sentrum in en flankeer met jou mede pasiente of selfs met die dokters.
Die voordele van so ‘n ontmoeting – julle sal ‘n fantastiese storie he om eendag vir jul kinders en klein kinders te vertel. Dinge kan ook net beter gaan na hierdie tragiese ontmoeting.



Kuns klasse, Tango Lesse en my gunsteling Toastmasters. Almal weet dat mense nie stokperdies doen vir ontspanning nie, hulle doen dit net om iemand anders te ontmoet.







Die internet en kletskamers, Facebook, Mixit en Twitter het die moontlik gemaak om deksels van reg oor die wereld te ontmoet. Of jy nou ‘n bruid van Rusland of ‘n metgesel vir jou matriek reunie nodig het, jy kan kies en keur op die Internet.

Die enigste nadeel .... jou deksel kan dalk ‘n reeks moordenaar wees.






Dames en Here, met hierdie voorstelle hoef jy nie meer soos ‘n deksel te voel wat jou hele lewe lank al die pot mis sit nie.

Labels: , , ,

0 Comments:

Post a Comment

<< Home


View My Stats